Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 4 JUNIE 2017

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur ................ [jou naam, roepsein en QTH]

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondagoggend ‘n nuus bulletin om 08:15 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal-Afrikaanse Tyd in Engels uit op HF asook op baie BHF- en UHF-herhalers regoor die land. Echolink luisteraars kan by ZS0JPL inskakel vir 'n herleiding. 'n Potgooi is beskikbaar op die Liga se webwerf.

Hierdie audio bulletin kan afgelaai word vanaf die Liga se webwerf by www.sarl.org.za waar jy hierdie sowel as vorige bulletins in teks formaat onder die nuusskakel aan die linkerkant van die webblad sal vind. Terwyl jy daar is, kan jy inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag,

SDR GESPREK HIERDIE WOENSDAG

DIE HAMMIES NAELLOOP VOLGENDE SONDAG

en

NUUS VANUIT DIE OOS-KAAP

Bly gerus vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

SDR GESPREK HIERDIE WOENSDAG

Op Woensdag 7 Junie sal AMSAT SA nog ‘n SDR-gesprek hou. Hierdie is 'n skype-gebaseerde bespreking oor SDR, geanker deur Deon Coetzee, ZR1DE. Om aan te sluit, stuur jou skype-besonderhede aan admin@amsatsa.org.za teen Maandagaand en jy sal Woensdag om 20:30 geskakel word om by die gesprek aan te sluit. Maak asseblief seker dat jy die nuutste opdatering van Skype geïnstalleer het.

DIE HAMMIES NAELLOOP VOLGENDE SONDAG

Die Hammies Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder, met die klem op ZU-stasies. Die Hammies Naelloop vind plaas vanaf 14:00 tot 15:00 UTC op Sondag 11 Junie 2017 en is 'n foon kompetsie op die 40 meter band tussen 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz. Die uitruiling is 'n RS-verslag en jou provinsiale afkorting. Stasies buite Suid-Afrika gee 'n RS-verslag en DX.

Kontakte met stasies in dieselfde ZS-streek is 1 punt werd en kontakte met ander ZS-streke of DX-stasies is 2 punte werd. Kontakte met die Hammies ARK ZS6ZU of ZS2U en of enige ander Hammies klub wat tydens die Naelloop geregistreer mag word, is 5 punte. Kontakte met enige ZU-stasie is 3 punte werd en kontak tussen ZU-stasies is 5 punte werd.

Logstate, in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel formaat en gemerk "Jou roepsein Hammies" moet ingedien word teen 18 Junie 2017 en gestuur word per e-pos aan chairman@zs6zu.org.za of zr6dx@iafrica.com. Sertifikate word toegeken aan die 1ste, 2de en 3de plek en sertifikate sal toegeken word aan die 1ste, 2de en 3de plek vir ZU-stasies.

ADJUNK NASIONALE DIREKTEUR VIR HAMNET

HAMNET kondig met graagte aan dat Glynn Chamberlain, ZS6GLN, aangestel is as die Adjunk Nasionale Direkteur vir HAMNET. Dit volg op die besluit van Johan Marais, ZS1JM, om af te tree. HAMNET dank Johan vir sy diens as Adjunk Nasionale Direkteur en wens Glynn al die beste vir die pad vorentoe.

AMSAT SA RAPPORTEER BELANGRIKE VORDERING MET DIE KLETSKOUS CUBESAT

By die jaarlikse AMSAT SA Ruimte-simposium is beduidende vordering met die Kletskous CubeSat deur die ontwikkelingspan gerapporteer. 'n Nuwe ontwerpte ruimte-raam is vrygestel, wat op 'n geslote basis gebou is en nuwe skroewe benodig. Alhoewel dit gebaseer is op die oorspronklike ontwerp deur Deon Coetzee, ZR6DE, is dit baie ligter en ten volle masjien vervaardig met die voordeel dat die vervaardiging daarvan presies soos die oorspronklike herhaalbaar is. Die elektroniese kragstelsel is in sy finale stadiums en bied gevorderde beheer oor die krag van die satelliet, selfs as die battery misluk.

Die simposium self was 'n groot sukses en, soos afgevaardigdes gesê het, is die hoogtepunt op die jaarlikse amateur radio tegnologie kalender. Beplanning vir 2018 is reeds aan die gang. Vir meer inligting, besoek www.amsatsa.org.za

DIE NUWE LIGA WEBTUISTE

Leon Uys, ZR6LU, rapporteer vanaf die Raad dat die Web/IT-span bestendige vordering maak om 'n stel vereistes vir die nuwe liga-webwerf te ontwikkel. Die span het die afgelope week gebruik om die meeste van die infrastruktuur besluite soos platforms en webverskaffers te verminder. Tans word onderhoude gevoer met 'n kortlys van webverskaffers en binnekort sal terugvoering aan lede oor hierdie aangeleentheid verskaf word. Alle Liga-lede word uitgenooi om hul idees en voorstelle vir verbeterings aan Leon Uys, ZR6LU, te stuur by 082 573 5580 of e-pos aan leonuys@gmail.com.

RADIO SE JUNIE 2017

Die Junie 2017-uitgawe van Radio ZS kan afgelaai word van die Liga se webwerf. In hierdie uitgawe kan jy lees oor die Internasionale Amateur Radio Unie in 'n artikel deur Don, G3BJ. Brian, G0GSF bespreek Multi-band omgekeerde V antennes se nadele en Leon, ZR6LU, vertel jou oor die herbou van die SARL webwerf en verduidelik hoe jy 'n SWR meter vir jou baken kan bou. Het jy geweet dat die morse kode die eerste sosiale netwerk was? Lees hieroor in hierdie uitgawe.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga. Neem hierdie week jou handdraagbare radio werk toe.

WELKOM BY DIE NUUSSPAN

Die SARL-nuuspan verwelkom Irene Myburg, ZS6IEA, by die span. Irene sal volgende Sondag die stem agter die Afrikaanse bulletin wees.

CQ TYDSKRIF SE JAARLIKSE DX MARATHON

Vanaf 1 Januarie van elke jaar is die DX Marathon die perfekte antwoord vir die DXer wat elke dag daai ekstra aansporing nodig het! Werk net soveel lande en CQ sones as wat jy kan in elke kalenderjaar, ongeag die band of modus.

Baie geluk aan Geoff Levey, ZS6C, wat as wenner van die Suid-Afrikaanse en Sone 38 2016 CQ Marathon aangewys is . Geoff het 193 lande en 34 sones vir 'n telling van 227 punte gewerk.

DIE INTERNASIONALE VUURTORING EN VUURSKIP NAWEEK 2017

Die Internasionale Vuurtoring en Vuurskip Naweek-geleentheid vier sy 20ste jaar in Augustus. Hierdie jaar vind die ILLW plaas gedurende die naweek van 19 en 20 Augustus. Dit lok jaarliks meer as 500 vuurtoring-inskrywings in meer as 40 lande. Dit is een van die gewildste en aangenaamste internasionale amateur radio-gebeurtenisse.

Tans is daar byna 200 inskrywings met Duitsland wat op 40 staan, dan Australië met 25 en die VSA met 20. In Suid-Afrika, sal die Kaapse Amateurradiosentrum, ZS1CT, die Groenpunt-vuurtoring aktiveer, ZA0006 en ZS9V sal die Robbeneiland vuurtoring ZA0008 aktiveer. Om te registreer, sien vorige verslae of lees die eenvoudige riglyne vir die naweek in Augustus, kyk na die toegewyde webwerf by https://illw.net/

Ons gaan na die Oos-Kaap na die volgende twee items

DIE GROOT ZUURBERG TREK

Die radio amateurs van die Port Elizabeth Aamateurradiovereniging en Hamnet Oos-Kaap het weer kommunikasie vir die Groot Zuurberg Trek-bergfiets wedren verskaf. Die wedren wat oor 3 dae strek, sluit in 196 km van fietsry vanaf gruis tot enkel paadjies en sluit 'n verbysterende 4 550 m opdraande klim! Die gebeurtenis vind plaas in die historiese Zuurberg-omgewing, bekend vir die beroemde Zuurberg-hotel bo-op die Zuurbergpas waar elke been van die wedren begin en geëindig het. Die JOC is vanuit die Zuurberg-hotel bedryf deur Tony, ZR2TX, en het die amateurs en mediese personeel in verbinding met mekaar gehou. Radio amateurs is op strategiese punte langs die roete geplaas om nood- en logistieke inligting oor te dra en om die leiers se posisies oor te dra aan die belangstellendes.

Dag een het begin deur sommige van die ou Osswa-spore te volg en dag twee het jou oor die pas geneem verby die beroemde Anne's Villa - bekend as 'n smidswinkel waar ossewaens herstel is en oornag akkommodasie aan reisigers op pad na Johannesburg verskaf is. Sondag was die moeilikste van die stadiums en het baie smal paadjies met geen toegang vir voertuie gehad nie. Dit was nie net moeilik vir die deelnemers nie - verskeie radio operateurs was op plekke gestasioneer sonder voertuig toegang en moes na hul punte instap.

Die organiseerders het die amateur gemeenskap weereens bedank vir die professionele manier waarop die diens gelewer was. Ons sien nou uit na die Volkswagen Tydren en die Trans-Baviaans Bergfiets wedren later vanjaar.

PEARS 2017 AJV

Die PEARS 2017 AJV is op Saterdag 3 Junie by die Klub se gewone plek gehou. Daar is om 14:00 'n snuffelmark aangebied en die vergadering het om 15:00 begin. Verskeie toekennings en sertifikate is uitgegee en die normale toesprake is gemaak. Die uittredende voorsitter Chris Scarr, ZS2AAW, het 'n oorsig gegee van die jaar se aktiwiteite en die tesourier Clive Fiffe, ZS2RT, het die finansiële posisie van die klub bespreek en tyd geneem om die finansiële state te verduidelik.

Die vergadering is gevolg deur 'n bring en braai saam met vriende en familie. Die nuwe komitee is verkies en besonderhede van die komitee sal beskikbaar gestel word sodra die gekoöpteerde posisies en portefeuljes gefinaliseer is.

BARK OM OKOSA TE ONTMOET

Die Bloemfonteinse ARK hou sy Junie-vergadering by die Bloemfontein-kantore van OKOSA in Lombaardstraat op Maandag 12 Junie om 18:30. Inroepe op die Naval Hill herhaler - 145,600 MHz FM. 'n Bring en braai sal die vergadering volg. Almal is welkom.

VOORTPLANTINGS VOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Klein Sonvlek 2661 is verbasend aktief en kan die bron van nog C-klas fakkels wees. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer agt vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Ten slotte, 'n dagboek van sommige komende gebeure:

7 Junie – die SDR Gesprek
11 Junie – die Hammies Naelloop
12 Junie – die Bloemfontein ARK vergadering
17 Junie - Wêreld QRP Dag
18 Junie - Vadersdag
22 tot 26 Junie – die SARL Top Band QSO Geselligheid

Om ons bulletin af te sluit, 'n vinnige oorsig van ons hoofnuus

Op Woensdag 7 Junie sal AMSAT SA nog ‘n SDR-gesprek hou. Hierdie is 'n skype-gebaseerde bespreking oor SDR, geanker deur Deon Coetzee, ZR1DE. Om aan te sluit, stuur jou skype-besonderhede aan admin@amsatsa.org.za teen Maandagaand en jy sal Woensdag om 20:30 geskakel word om by die gesprek aan te sluit. Maak asseblief seker dat jy die nuutste opdatering van Skype geïnstalleer het.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruyn, ZS6JHB, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens u `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003